Shop (new)

Die Spreuke 31 Vrou
June 7, 2013
My LullaBybel
September 25, 2018

More is Maandag

R140.00


Hoeveel keer het dit nie al gebeur dat jy ‘n pragtige uitrusting aan ‘n winkelpop sien, dit dadelik aanpas en dan teleurgesteld vir jouself in die spieël staan en kyk omdat niks mooi lyk nie?  Hoeveel keer moes jy al jou asem ophou en jouself behoorlik in jou denim inskud?  Was jy al ooit teleurgesteld omdat die swangerskapgewig wat jy gedink het jy met die bevalling gaan afskud ‘n jaar later nog saam met jou is?

Aletté-Johanni Winckler ken hierdie deel van vrou-wees maar alte goed.  Nie net het sy ook al mismoedig voor die spieël gestaan nie, maar as bekende en gewilde voorkomskonsultant werk sy ook daagliks met vroue en hul issues.

In More is Maandag deel Aletté haar gewilde Sarie-blogs vol pittige humor oor haar eie issues, kinders en sommer als wat deel is van ‘n vrou se lewe.  Sy vertel ook haar lewensverhaal en deel haar diep geloof in haar hemelse Vader.  En om alles te kroon, gee sy wonderlike raad oor style, mode, liggaamsvorms en gelaatskleur.

Hierdie boek wil  wys hoe God se aanvaarding baie belangriker is as enige iemand anders s’n.  As ons dus onsself aanvaar soos God dit doen, sal elke dag Maandag wees omdat elke dag ‘n dag  van hoop is, ‘n dag van nuut begin.

Add to Wishlist
Category: .