Baie vroue leef met emosionele wonde saam.
Soms voel die dinge wat ons ervaar het, net te pynlik om in die oë te kyk.
Ons kies om eerder die seer en die verlede te ignoreer.
Maar werk dit regtig? Los dit die probleem op?
Nee. Pyn wat nie behandel word nie, word later ’n sweer.
Jy kan nie mishandeling, verwaarlosing of verwerping
onder die mat invee en maak asof dit nie bestaan nie.
Dit beteken nie jy is ’n swakkeling nie.
Dis wel moontlik om ’n geesvervulde vrou te wees wat haar plek
volstaan in die kerk, om Bybelverse uit die kop te ken en vol liefde
vir Jesus te wees, maar Hom steeds nodig te hê om genees te word.
Dis waarom Jesus vra: “Wil jy heel word?”
Vryheid is egter nie ’n passiewe gebeurtenis
nie – dit is ’n aktiewe proses.
Koop jou kaartjie HIER.
Doxa Deo - Faerie Glen
c/o Atterbury & Olympus Drive
Pretoria
04/05/2019,
All Day
R150