Shop (new)

Die Spreuke 31 Vrou
June 7, 2013

Trek aan met selfvertroue

R180.00


Word die stylvolle vrou wat jy nog altyd wou wees!
Staan jy soggens mismoedig voor jou klerekas? Is dit vir jou ‘n marteling om in die spieel te kyk as jy klaar aangetrek het?
Dit hoef nie langer so te wees nie. Met ‘n kennersoog en kennersraad kan jy leer om jou klerekas te beplan sodat jy altyd iets sal hê om aan te trek. Jy sal weet hoe elke styl jou laat voel: elegant, klassiek, sportief, sexy…
Niks kan immers jou persoonlikheid en jou lyf so vlei soos die regte uitrusting en bykomstighede nie.

Trek aan met selfvertroue is nou hier om jou te help. Aletté Winckler word jou persoonlike stilis en stylkonsultant en wys jou wat jy moet koop en dra.
* Verstaan jou liggaamsvorm en wat vir jou werk
* Ontdek jou eie stylpersoonlikheid
* Leer opwindende manier van meng en pas
* Beklemtoon jou bates (en verbloem jou foutjies) soos die regte vrou in die boek, en bekendes soos Adriëtte Norman, Dorette Potgieter en Liza Bronner.

Jy gaan dol wees oor die goedgeklede vrou in die spieël! Laat Aletté jou wys hoe…

Add to Wishlist
Category: .