Finesse Tydskrif “Ontdek Jou Geloofskleur”

 

 

 

Persoonlikhede kan in kleure verdeel word, elkeen met sy eie kenmerke. Dit is noodsaaklik om hierdie eienskappe te verstaan vir ’n gelukkige lewe. By Finesse se Vroue wat Glo-retreat kry jy die geleentheid om die kleur van jou geloofstemperament te ontdek.

Voorkomskonsultant Aletté Winckler tree saam met Lynette Beer (Seeds of Inspiration) op. Aletté het ’n gawe om vroue se ware potensiaal te ontsluit en ’n lig

in elke vrou aan te steek omdat jy weet jy lyk mooi. Sy fokus op persoonlikheid, lyftaal, fisieke kenmerke, gawes en talente en die manier hoe jy dink.

Al hierdie dinge saam verklap iets van jou uniekheid.

Aletté glo dat as jy eers weet wie jy is, jy meer begrip vir jouself het en jy rus en vrede sal kry. Dan kan jy word wie God beplan het jy sal wees.

Vir meer inligting en kaartjie besprekings:  https://kalender.voelgoed.co.za/gebeure/vrou-wat-glo/