Die top-3 kleure dié winter en hoe om dit te dra

Winter trends 2017
Yay or nay trends this winter season 2017
May 24, 2017
winter colours

Alhoewel die winter al hier en daar mooi posgevat het in Suid-Afrika is dit plek plek steeds mooiweer en warm. Verál in die Wes-Kaap. Ek verduidelik nou die dag vir iemand in my kop kan ons maar in April begin met stewels…maar hier is ons al amper in Mei en daardie stewelweer wil-wil vir my vermy. Nietemin, ek glo die winter staan en klop aan die deur, dis net ‘n kwessie van tyd en hy kom volwaardig binne. In hierdie blog wil ek graag die drie hoofkleure vir die winter bespreek. Almal van ons het al agtergekom dat elke seisoen met sekere kleure gepaard gaan; selfs sekere patrone kan ‘n hele seisoen ooreers en dit is een van die faktore wat die modewêreld laat aanhou draai: Die feit dat hulle staatmaak daarop dat iemand elke nou en dan hul klere gaan verander om by hierdie altyd ontwikkelende tendense te bly. Want, ons kan dit maar erken daar is baie “liewer dood as uit die mode” mense daarbuite! Voor ek geweet het watter kleure ek mag dra het ek ook enige kleur gedra wat op daardie stadium “vryelik beskikbaar” was, hetsy dit nou warm, koel, helder of gedemp was. Gelukkig vir my het ek uitgevind twee van daardie opsies moet liefs in die winkel en op die hanger bly.

 

Hierdie seisoen is ons drie grootste kleure wat vryelik beskikbaar is in elke liewe kettingwinkel:

1. Wynrooi (burgundy) 2. Olyfgroen 3. Blospienk/Roosgoud

 

  1. Wynrooi (burgundy):

Alhoewel hierdie ‘n skakering van rooi is en op die oo(r) af warm klink, het dit eintlik ‘n koel ondertoon en glo ek dit sal mooi lyk by mense wat beide koel en warm is. (Veral as jy donker hare het.) Onthou hierdie is net van toepassing naby jou gesig en indien jy lig(ter) is kan jy vir jou ‘n pragtige wynrooi broek koop;-)

Wynrooi

2. Olyfgroen:

Olyfgroen aan die anderkant is vir seker meer van ‘n warm kleur aangesien daar baie geel aanwesig is. Sou ek vir jou ‘n palet gee met blou en geel verf en vra om dit te meng in ‘n groen, sou jy meer geel by die blou moes sit om by ‘n olyf of kakie-rige kleur te kom. ‘n Olyf parka is egter hoog op elke modeslaap se prioriteitslys en as jy liefs weg moet bly van warm kleure, is dit ‘n goeie idee om ‘n serp, polonek, of bloes in die régte kleur te dra. Iemand met rooi hare en groen oë, rooi hare en bruin oë, blonde hare en bruin oë, donker hare met groen of bruin oë gaan veral baie mooi hierin lyk.

Olyfgroen

3. Blospienk/Roosgoud

Hierdie is vir seker my persoonlike gunsteling vir die seisoen. Vandat roosgoud sy verskyning gemaak het so paar jaar terug het die aanvraag net hoër en hoër geword. En gelukkig vir ons roosgoudliefhebbers is hierdie gier hier om te bly. Hierdie seisoen kom dit in alle vorme en skakerings voor. Iemand met ‘n koel vel en oë met ligte(r) hare sal veral baie mooi in hierdie kleur naby die gesig lyk. Indien jy mal is daaroor maar donker(der) is, sal meer blos op jou wange die kleur weer terug sit in jou gesig. Hierdie kleur het die geneigdheid om ‘n mens wat nie die “vereistes” pas nie, vaal en bleek te laat lyk.

Nietemin, kyk hoe mooi is dit:

rose gold & blush

Meng en pas!

Omdat hierdie drie kleure so sterk is hierdie seisoen is ek nie verbaas dat kombinasies van die kleure ook al aandag trek:

Mixed

Maak seker dat jy darem iets hiervan in jou winterskas het wanneer daardie winterdeur finaal oopgaan.

Benodig jy hulp om jou klerekas vir die winter te beplan?

Bespreek gerus vir ‘n styl, kleur, klerekas beplanning en inkopie sessie saam met my!

 

Groete,

Aletté-Johanni

Save

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *